Luister nou mooi

Jy klink nie pc as jy snedige grappies maak oor sekere sangers nie. Dit gaan jou nie beter laat lyk om sy fuckedupgeid uit te wys nie. Almal weet klaar hoe fucked up hy is.

Jy klink nie pc as jy maak of jy bff is met Yvonne nie. In jou hart weet jy as sy vir jou bliksem, gaan jy bloei. En as jy bloei, gaan jy huil. Min mense is so fucked up dat hulle gaan wil lê vir daardie Mistress Baton. En jy weet dit.

As jy wil RIP en treur oor elke akteur en sanger waaroor jy buitendien nooit geskryf het nie, het ek nuus vir jou. Dis die natuur. Mense gaan dood. Akteurs en sangers ook. Ons leef ‘n rukkie, party korter, party langer. Maar hy was nie jou beste ooit nie, anders het jy voorheen oor hom geskryf. Grow fokken up. Die wêreld is ook nie armer nie. Fok tog. Dis die lewe. En dan is dit klaar.

O en daardie getjapte kuifkoppie wat dink hy is nog ‘n tiener is ook nie jou bff nie, hy voel fokol vir jou. Mense voel fokol vir jou.

Nou gaan Mevrou haar kantoordeur toetrek, haar worsie vat en om die dam loop, al moet sy hom heelpad dra. Dan kom sy ‘n glas wyn gooi en dink hoe fokken pateties Facebook mense gemaak het

Hoe doen mens dit…

Mevrou se laaste post het oor DD’s gegaan (as jy NOU NOG NIE weet nie – Dom Dose). Intussen het die lewe so bietjie gebeur en Mevrou het ‘n eiland gesoek, maar dis mos nes donnerse Murphy is. Sodra mens iets soek, is dit fokkin weg. Daar is GEEN meer onbewoonde eilande nie. Soos in fokol. Nada. Zilch. Nothiing.

En natuurlik sou daar een wees, sou Mevrou dit moes koop en dit kan nogal ‘n duur storie wees. So Mevrou sou moes ‘n ryk ou toppie nadersleep om te betaal vir die eiland. En Mevrou kan nie dink dat die kak van ‘n ou ryk bastard genoegsaam sou vergoed vir die eiland nie. So, toe lê Mevrou maar net laag en verbeel haar sy is op ‘n eiland.

Maar selfs op die selfgemaakte eiland kon Mevrou nie NIE HOOR van Andreas Lubitz nie. Hoe fokkin DOEN mens dit?! HOE   FOKKIN   DOEN   MENS   SO   IETS?! Behalwe vir al die mense, was daar 16 kinders op die vliegtuig. SESTIEN lewens wat net so kortgeknip is.

En MOENIE vir my kom fokkin vertel dit was die Here se wil nie. Se moer. Ek wil dit nie hoor nie. Punt. Dit was net een fokkin mal donner se wil. Een mal donner te veel in hierdie wêreld wat reeds so fucked up is. Een mal donner wat gedink het “he wants to go out with a bang”

Ek hoop daar is ‘n hel. Ek hoop hy brand stadig en deeglik in daai hel. Ek hoop sy siel kom nooit tot rus nie.

Ag fok tog, maak nie saak hoe ek rant and rave nie, niks gaan die seer van die familie van daardie passasiers wegneem nie. Om te moet saamleef met die HOE van hulle geliefdes se dood. Ag donner bliksem, Mevrou huil hieroor, want al is Mevrou ‘n bitch, het sy darem nog ‘n hart.

New beginnings

Mevrou is nog nie heeltemal reg vir daardie klomp DD nie. (As jy moet vra, dan is jy ook ‘n Dom Doos.) Daar is inderdaad ander dinge as Beurtkrag  en nuwe gymskoene om vet vakansiegatte weer maer te sweet. Swem liewer. Dis skoner. En dis net jyself en jou eie gedagtes as jy die lengtes doen. Want fokweet, vir ander mense se gedagtes sien Mevrou nie ook nog kans nie. Om te cope in hierdie opgefokte land gaan guts vat hierdie jaar.

Let’s do it.

 

 

 

As menere suurgat trek

Mevrou het so daarna uitgesien om die antitese vir sekere menere te wees, maar nou is ander menere suurgat en die oorspronklike menere lek hulle knaters waarop die ander menere getrap het.

stilettoDaardie andere menere moet weet hulle oortree op Mevrou se terrein, dis haar taak om op Meneer se knaters te trap met haar stiletto’s.

Maar nou ja, Mevrou is terug in die land en you’d better watch your backs.

Menere en Kopdoeke

Mevrou sien daar is sekere Menere wat hulle mes in het vir Kopdoekdraers. Was Mevrou maar tien jaar ouer, dan het sy dalk langs die gange verneem of sy nie maar daardie kopdoekie oor haar katelstyl kon opvou nie. Die draer van die kopdoek hoef niks meer te doen as net vir Mevrou aan die slaap te praat nie.

En Meneer, niemand perv oor jóú nie. Dis dié.

Die reg in jou sitkamer

Mevrou het nooit geweet sy het soveel vriende in die regsberoep nie. Goeie fok tog, vandat elke mens nou weet van dolus eventualis en dolus directus, weet almal wat Regter Masipa eintlik moet doen.

Pleks van dolus directus, het hierdie doli eerder iets erectus nodig. Nooit geweet as jy geskei is, gaan jy so droog deur die dag nie. Vriende is volop, maar jy naai nie jou pelle nie, en die jongetjies  wat jou lyf soek vir ‘n naai is ek nie lus voor nie?

Waar kry ‘n girl iets in hierdie dorp?

Vermy hierdie vyf Facebook vriende

  1. Die Christen. Die Ateïs. Die Rightwinger, en les bes die Libtard. As jy weet wat iemand glo, is hulle ekstrimisties genoeg om dit in almal se kele af te druk op Facebook. Laat hulle mekaar opdonner, jy kan daarsonder.
  2. Daardie celeb of erger, die celeb se partner. Hulle stel fokkol in jou lewe belang, hulle agent se admin girl se assistent se job is om namens hulle te sit en Facebook, sodat hulle hulle kak produk in jou keel kan afdruk. Party van hulle het so secret ingat groepie wat graag hints van dinge daar opsit om jou te laat weet jy mors jou tyd, hulle het ‘n lewe sonder jou.
  3. Sannie Sonder Selfvertroue. Die eerste clue is die selfie elke dag. Hulle teer op jou bewondering, hulle hint oor depressie en siektes en selfmoord, en eintlik weet hulle fokkol van enige iets af. Die laaste drie selfmoordpogings wat hulle eers op Facebook afgekondig het, het 70 nuwe volgelinge ingebring. As jy graag op guilt trips gaan, go ahead, aanvaar Sannie se vrienskapsversoek. Jy gaan voortaan elke woord tel.
  4. Die narsis. Hulle lees nie jou Facebook nie, maar versamel volgelinge. Dit verskil van die narsis, dat hulle al Sannie se selfvertroue by hulle eie selfbeheptheid gelaai het. Hulle het geen werklike vriende nie, maar duisende mense wat aan hulle lippe hang, en wag om oor die kop gevryf te word.
  5. Mevrou self. Want sy val dalk in een van hierdie groepe.